Pascal (programmeertaal)

Pascal is 'n programmeertaal wat in 1970 deur Niklaus Wirth geskep is en vernoem is na die Franse wiskundige Blaise Pascal. Die klem val op eenvoud en om mense te help om beter programme te kan skryf. Die taal is 'n verbetering op "Algol-60" wat enkele jare vroeër ontwikkel was en 'n alternatief vir die te ingewikkelde opvolger daarvan, "Algol-68". Gestruktureerde programmering en datastrukture word in die taal benadruk.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne